300+ funny, short jokes to tell your friends. Pin your own on the wall.
Man en vrou ry in die kar, en is kwaad vir mekaar. Hul sien 'n bobbejaan langs die pad. Vrou vra vir man, familie van jou. Man antwoord, JA my skoonmense.
DIE NON BY DIE KROEG: Die man het buite 'n kroeg sit en drink toe 'n non verbyloop en hom begin vertel van die euwels van alkohol. Die man het haar só gekyk, en vra toe: "Suster," vra hy, "het jy al ooit alkohol geproe?" "Natuurlik nie," antwoord sy ontsteld. "Wel, hoe weet jy dis boos? Miskien moet jy dit minstens proe voor jy dit verdoem. Laat ek vir jou 'n drankie koop, en dan kyk ons of ek jou altemit van opinie kan laat verander." "Nee," sê sy. "Ek moet nie gesien word waar ek buite 'n kroeg drink nie. " Maar jy kan vir my 'n sopie in 'n teekoppie bring, en ek sal dalk daaraan proe." Die man stap toe die kroeg binne, bestel 'n bier en 'n vodka, en vra die kroegman om die vodka in 'n teekoppie te skink. "Wat?" sê die kroegman. "Is daai blerrie non al weer hier?"
ñ Mooi vrou kom die aanklagkantoor binne. Sy wil ook ñ klag lê. Na ñ uitgerekte verklaring, vra die konstabel sy moet asb. haar handtekening aanbring. Sy sit haar hand op die papier en omlyn haar hand. Toe sy weg loop sê die konstabel aan die sersant: "Ek is nou só spyt ek het haar nie gevra om te parafeer nie".
Die outjie hoor 'n oom verkoop budgies. Hy suiker af na die oom en vra wat vra hy per budgie. R5, sê die oom. "Ek wil asb daai bloue hê oom." "Luister Boet, die hele hok is vol budgies en almal is R5. Ek gaan nie die bloue probeer vang nie. Jy sal maar die eerste een wat ek vang moet vat." Die outjie hou aan hy wil die bloue hê. Hy sien die oom begin hom vererg en sê: "Ek sal oom betaal wat my pa vir 'n skaap betaal." Baie vinnig gryp die oom sy vangnet en met 'n groot gesukkel vang hy die bloue. In die proses skryf hy 'n paar ander budgies af. Hy sit die budgie in 'n papiersakkie met gaatjies en gee vir die outjie. "Hoeveel betaal jou pa vir 'n skaap?" "R35 per kilogram oom. Sal oom asb vir my die budgie weeg?
Ouma vra vir kleinseun: "Hoekom doop jy jou beskuit so lank in die koffie?"
Hoekom vat Tannie Sarie altyd 'n hele hoender saam op pad?
Skoolhoof vra vir Pietie: "Wat is die hoofstad van Suid-Afrika?"
Vra vir Koos hoekom sy vrou hom nie by die braai laat help nie.
Tannie vra by die bank: "Hoekom is my rekening leeg?"
Hoe weet 'n boer sy vrou is lief vir hom?
Man sê vir die dokter: "Dokter, ek dink ek is 'n rugbybal."
Vra 'n toeris vir 'n Karoo-boer hoe oud sy bakkie is.
Hoekom vat 'n Springbok altyd 'n leer saam veld toe?
Wat is die geheim van 'n goeie potjie?