Dis Kwai, Dis LekkerSale
Malvalekker Peppermint Crisp Tert
South African · Dessert

Malvalekker Peppermint Crisp Tert

By Home cook

Puur Suid-Afrikaans: 'n romerige malvalekker-en-Peppermint Crisp tert op 'n Tennisbeskuitjie-kors. No-bake, boerekos-lekker en altyd die eerste ding wat opraak.

Prep
20 min
Cook
5 min
Total
25 min
Serves
12

Ingredients

  • 4 pakke (135g) malvalekkers
  • 420g botter
  • 2 pakkies Tennisbeskuitjies
  • 6 Peppermint Crisps

Method

  1. 1

    Mikrogolf die malvalekkers en botter 2 minute op 'n slag tot alles gesmelt is.

  2. 2

    Roer goed deur om seker te maak die malvalekkers heeltemal gesmelt is.

  3. 3

    Breek 4 Peppermint Crisps in stukkies en meng met die redelik afgekoelde malvamengsel.

  4. 4

    Breek die oorblywende 2 Peppermint Crisps redelik fyn en meng met die fyngemaakte Tennisbeskuitjies. Hou van die mengsel eenkant voordat jy die res met die botter meng.

  5. 5

    Skep die beskuitjiemengsel in die bak en druk goed vas vir die kors.

  6. 6

    Skep die malvamengsel oor die kors en strooi die gebreekte beskuitjie-mengsel bo-oor.

  7. 7

    Verkoel tot gestol, sny in blokke en bedien.

no-bakepeppermint crispmalvalekkersnageregboerekos

Rate this recipe

Sign in to leave a rating, review or photo.

Reviews (0)

Be the first to review.